Get us to call you
Enter your details below to get a representative from the   branch to call you.
Your Name:
Your Number:
Suburb/City:
SEARCH
FIND AFRANCHISE
CALL US
Find us on Facebook Trellidor mobile Subscribe to our security tips newsletter Trellidor Blog

Media Center

Hoe meer, hoe veiliger

Share on Facebook

21 July 2010

Deure is dikwels die enigste ingange by huise waar ons veiligheidsdeure aanbring, maar vensters kan dit dikwels makliker maak vir rowers om in te kom. Die installering van sekuriteitversperrings by elke opening van jou huis kan baie vensters en deure beteken, maar dit is die maklikste manier om huisinvalle te verhoed. Met dit in gedagte, het Trellidor sy reeks uitgebrei om ’n diefweringontwerp in te sluit wat nie te duur is nie.

“Ons het nog altyd aan klante die keuse gegee om traliestyl diefwering voor vensters aan te bring wat by ons Trellidor-veiligheidshekke pas. Ons bied ook ’n top reeks Cottage Guard-diefwering aan. Maar nou het ons goedkoper Trellidor Burglar Guards as alternatief bygevoeg,” sê Trellidor-franchise-eienaar Greg Roux.

Daar is vier ontwerpe en een van hulle pas by Trellidor se veiligheidshekke. Wat prys betref, is hulle hoogs mededingend, maar net so sterk soos al die beroemde Trellidor-produkte. “Dit is nie produkte wat jy sommer op die winkelrak gaan koop nie. Ons meet steeds elke venster en maak unieke diefwering daarvoor,” voeg Greg by.

Die diefwering word uit ovaalpyp vervaardig en laat dus baie lig deur sonder om die uitsig te versper soos dikwels die geval met dikker pype is. Mens maak hulle maklik skoon en hulle is baie meer roesbestand as vierkantpype. Elke diewetralie het ’n keerstaaf wat verseker dat die tralies nie uit die raam gebuig kan word nie, en is dus sterker as konvensionele diefwering.

Trellidor Burglar Guards word gemaak om vensters van alle groottes en ontwerpe te pas en is geskik vir alle sekuriteitsrisikoprofiele. Om die beste moontlike passing te verseker, word die eenhede professioneel deur Trellidor se opgeleide tegnici geïnstalleer.

Share on Facebook
Press Releases
Media Contacts
Bianca Broughton
Brand Manager
Email
Phone: +27 31 508 0856
Fax: 086 633 6367

Archive
► 2012
► 2011
▼ 2010
► 2009
► 2008
► 2007